Dit kom nadat die voormalige Hollywoodse beligtingsregisseur sy onlangse foto’s self beplan het met ’n Britse steelfotograaf – en daarvoor betaal is. 

Thomas (73) het aan TMZ gesê hy ondergaan Woensdag 16 Mei ’n hartoperasie nadat hy verlede week ’n hartaanval gehad het. 

“Dokters gaan ’n blokkasie skoonmaak, skade herstel en ’n stent insit waar nodig,” het hy gesê.

Dit sal nie die eerste keer wees dat ’n koninklike bruid se ma haar kansel toe vergesel nie. Koningin Victoria het ná prins Albert se dood twee van haar dogters kansel toe vergesel, berig Daily Mail.

Sy het haar derde dogter, prinses Helena, kansel toe vergesel toe dié met prins Christian van Schleswig-Holstein in 1866 by Windsor-kasteel getrou het. 

En Victoria het ook haar jongste dogter, prinses Beatrice, in 1885 by die St. Mildred-kerk in Whippingham op die Isle of Wight. 

Doria, ’n joga-instrukteur, ontmoet vandeesweek die koninklike familie, insluitend die koningin, prins Charles, prins Philip en Kate Middleton, en die kanse lyk goed dat sy haar 36-jarige dogter Saterdag na die kansel gaan vergesel.

Kensingtonpaleis het nog nie bevestig wie die Suits-aktrise kansel toe vergesel nie, maar ’n woordvoerder het die gerugte van Thomas Markle se skielike afwesigheid by die troue aangeroer.

“Sy (Meghan) en prins Harry vra weereens vir begrip en respek vir mnr. Markle in hierdie moeilike situasie,” het ’n woordvoerder van die paleis gesê.

Volgens Us Weekly was daar vroeër vanjaar gerugte dat Meghan wou hê haar ma moes haar kansel toe vergesel. 

“Ek het gehoor Meghan wil hê haar ma moet haar kansel toe neem, en dit sal ’n mooi oomblik wees,” het ’n bron gesê.

Bronne: dailymail.co.uk, harparsbazaar.com, thesun.co.uk, Tmz.com