Nou kom spook die hertogin van Sussex en haar pa, Thomas Markle (75), se uitval en die verbrokkeling van hul verhouding voor haar troue in Mei 2018, weer by haar. Die nuutste skok is dat Meghan se pa glo moontlik teen haar gaan getuig in ’n hooggeregshof in Londen. 

Thomas is na bewering ’n hoofgetuie vir ’n Britse poniekoerant, The Mail on Sunday, wat private korrespondensie tussen Meghan en Thomas weke voor haar troue gepubliseer het. Thomas het dit self aan die media uitgelek. 

Die boodskappe het gewys hoe Meghan en haar pa se verhouding voor die troue verbrokkel het. 

View this post on Instagram

A post shared by The Duke and Duchess of Sussex (@sussexroyal) on

Thomas, wat in Mexiko woon, het in teksboodskappe aan Meghan genoem dat hy weens gesondheidsredes nie haar troue in Engeland sou kon bywoon nie. 

Harry het toe glo ’n boodskap aan sy toekomstige skoonpa gestuur waarin hy sê Thomas maak sy dogter seer. Harry het op daardie stadium glo geen kommentaar gelewer oor Thomas, wat toe na bewering ’n hartaanval gehad het, se gesondheidstoestand nie. 

Thomas was glo “diep seergemaak” oor Harry se boodskap aan hom. Hy het in ‘n boodskap aan Harry en Meghan teruggeskryf dat hy jammer is dat sy hartaanval ’n “ongerief” vir hulle trouplanne is. 

Meghan het in Augustus 2018 die Britse koerant hof toe gesleep ná dit dele van ’n privaat brief aan haar pa, wat haar toe in die media aangevat het oor sy hom afgeskryf het voor die troue, gepubliseer het. Sy beweer die koerant het onder meer haar privaatheid geskend. 

Die koerant het dit egter in hofdokumente ontken en gesê die brief se inhoud het weens die “groot en wettige openbare belangstelling” in die koninklike familie, hulle genoop om dit te publiseer.

Volgens dié koerant het Meghan ook probeer voorhou asof sy na haar pa uitreik in ’n “liefdevolle” manier, maar eintlik het sy nie na Thomas uitgereik om hul verhouding te herstel nie. 

Bronne: DailyMail, Metro