Die hertogin van Sussex se assistent privaatsekretaris, Amy Pickerill, wat verlede jaar aangestel is, sal na die geboorte van die koninklike baba in April haar posisie by Kensingtonpaleis verlaat, berig The Sun.

Amy trek glo oorsee, maar sal vandeesmaand vir Meghan (37) en haar man, prins Harry (34), help nesskop by die koninklike woning Frogmore.

"Amy groet ná die baba se koms," het ’n bron in Kensingtonpaleis aan Harper’s Bazaar gesê.

"Die hertogin sal baie hartseer wees om haar te sien gaan, maar is opgewonde vir haar want Amy het opwindende planne, waaronder om tyd oorsee deur te bring.

"Amy het aanvanklik beplan om ten minste tot die einde van die jaar te bly, maar met die baba wat op pad is, maak dit sin om nou iemand te kies wat kan inval wanneer die hertogin terugkeer na haar amptelike werk.

"Hulle gaan beslis kontak behou en Amy sal beskikbaar wees vir enige raad en hulp wat in die toekoms benodig word."

Die nuus kom slegs drie maande nadat nog een van Meghan se assistente, Samantha Cohen, gesê het sy gaan vertrek na die baba se geboorte, berig News.com

’n Koninklike bron het in Desember aan US Weekly gesê Samantha gaan nie weg oor onenigheid tussen haar en Meghan nie.

"Sy gaan nie weg oor enige drama met Meghan nie," het die bron gesê.

"Sy het ingestem om vir ses maande te bly om hulle ná die troue te help en omdat Meghan en Harry geweet het hulle sou kort daarna ’n baba hê en gaan die ekstra hulp gaan nodig hê.

"Samantha het baie respek vir Harry en Meghan en het dit geniet om vir hulle te werk, maar haar tyd is verby."

Bronne: The Sun, News.com, US Weekly, Harpers Bazaar