In ’n onlangse episode van MTV se nuwe werklikheidsreeks, The Royal World, sê die 37-jarige hartogin van Sussex se neef, Tyler Dooley, dit was haar huwelik met prins Harry (34) wat ’n afstand geskep het tussen haar en die familie waarin sy grootgemaak is, berig Express.

“My familie is verskeur. As ons leiding en bystand gehad het, dalk van die koninklike familie, kon ons baie van die goed vermy het,” sê Tyler (26).

Die mediese marijuana-boer sê ook hy was teleurgesteld dat net Meghan se ma by die trouvieringe ingesluit is, berig The Sun

“Ons het almal gedink ons sou genooi word. Jy vergeet nooit jou wortels nie. Jou familie wat saam met jou grootgemaak is. Jy kan hulle nie vergeet nie,” sê Tyler.

In gesprek met die Daily Mail het hy vertel hoe baie bewonder hy sy tante wat nie veel ouer as hy is nie.

“Ons is net nege jaar uitmekaar. Meghan se sibbes is 20 jaar uitmekaar. So haar naaste ‘sibbes’ sou ek en my broer gewees het.

“Ons sou haar aanbid as kind. Haar persoonlikheid is onwerklik. Haar glimlag. Sy is net fenomenaal. Ek is net bly sy het iemand gevind wat sy liefhet.” 

Oor hoe sy oupa, Thomas Markle, deur die media uitgebeeld word, sê Tyler hy is kwaad dat die 74-jarige as ’n monster uitgebeeld is wat bloot die golf van sy dogter se bande met die koninklikes ry. 

“Hy het haar grootgemaak en haar deur die skool gesit en haar by toneelspel ingekry. Weet jy hoe moeilik dit is om in Los Angeles akteursrolle te kry? Dis so f***** moeilik. 

“Vanselfsprekend moes hy daar gewees het om saam met sy dogter kansel toe te stap. Maar hy het haar liewer as enigiets in die hele wêreld.” 

Bronne: Express, The Sun, Daily Mail