Volgens ’n bron het die ouma “ingetrek” om hand by te sit met die hertog en hertogin van Sussex se eenjarige seuntjie, Archie.

“Doria het haar eie kwartiere en terwyl ’n paar van Harry se tjomme sy siel uittrek oor hy saam met sy skoonma bly, het hy ’n wonderlike verhouding met haar," sê die onbekende bron aan The Sun.

Nog ’n bron vertel Doria (63) is haar dogter Meghan (38) se “rots”, want sy vertrou nie baie mense buiten haar hegte vriende en familie nie.  

Al hou die koninklike egpaar hul sirkel klein, het prins Harry (35) met die Hollywood-aktrise Liza Minnelli vriende geraak. Sy was ook ’n goeie vriendin van sy ma, wyle prinses Diana.

Lady Diana en Liza Minelli tydens die première van
Lady Diana en Liza Minelli tydens die première van die fliek Stepping Out op 20 September 1991. Foto: Dave M Benett/Getty Images

’n Bron het onthul die 74-jarige aktrise en sangeres help Harry in Los Angeles aanpas, berig Daily Express.

“Harry ervaar die oorgang van Brittanje na Los Angeles by tye as baie uitdagend en die inperking het ook verhoed dat hy homself tot nou toe kon vestig,” sê die bron.

“Liza het uitgereik. want sy was na aan Diana en het haar steun aangebied. Sy het al vir jare met die paparazzi te doen en weet hoe roem werk.

“Natuurlik kom Meghan ook uit ’n teater agtergrond, dus is dit goed vir die drie van hulle.”

Bronne: Daily Mail, The Sun, Daily Express

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe