“Ek is verheug om te hoor dit gaan goed met ma en kind,” het hy in ’n verklaring aan The Sun gesê. 

“Ek is trots dat my nuwe kleinseun in die Britse koninklike familie gebore is en ek is seker hy sal grootword om die kroon en die mense van Brittanje met grasie, waardigheid en eer te dien.

“God seën die kind en ek wens hom gesondheid en geluk toe, en my gelukwensings aan my lieflike dogter die hertogin Meghan en prins Harry, en God seën die koningin.”

Die hertogin van Sussex het nie in die openbaar oor haar verhouding met haar pa gepraat sedert sy deel geword het van die koninklike familie nie. 

View this post on Instagram

A post shared by The Duke and Duchess of Sussex (@sussexroyal) on

Thomas Markle, aan die ander kant, het nooit geskroom om sy gespanne verhouding met sy dogter te bespreek nie. Hy het voorheen gesê hy het nie met Meghan gepraat sedert sy op 19 Mei verlede jaar met Harry getroud is nie, berig People

Meghan se ma, Doria Ragland, het ook op die blye nuus gereageer. 

Volgens E! Online het Buckinghampaleis aangekondig Doria is “opgetoë oor die koms van haar eerste kleinseun” en is by die egpaar by Frogmore Cottage. 

Luidens berigte het Meghan en Harry nog nie ’n koninklike kinderoppasser aangestel nie, maar Doria sal by die egpaar bly om met die baba te help. Sy het selfs haar eie privaat kamer in die nuut opgeknapte woning, berig Cosmopolitan. 

Bronne: The Sun, People, E! Online, Cosmopolitan