Samantha (53) het nog nooit ‘n wag voor haar mond gehad as dit by Meghan, haar pa en selfs die koninklike familie kom nie. Haar nuutste slagoffer is die hertogin se ma, Doria Ragland (62), oor wie Samantha gal gebraak het op Twitter, berig Cosmopolitan.

Volgens Vanity Fair het Meghan se halfsuster Maandag op die Britse televisieprogram Jeremy Vine On 5 verskyn om Meghan in die openbaar om verskoning te vra. Maar kort voor lank het sy weer op Twitter mond uitgespoel, dié keer oor die hertogin se ma.

Doria, die enigste familielid van Meghan wat haar en prins Harry se groot dag bygewoon het, was op die troue die ene trots en elegansie aan die sy van haar dogter. Maar maar volgens Samantha was Doria nie juis betrokke in Meghan se lewe nie.

In die reeks twiets oor Doria meen sy Meghan se pa, Thomas Markle (73), het vandat die hertogin 12 jaar oud was en deur haar hoërskooljare na haar omgesien. 

Thomas en Doria is geskei toe Meghan, die enigste kind uit hul verhouding, ses jaar oud was. Samantha is glad nie gelukkig oor hoe die media die Markle-gesin uitbeeld nie. 

Samantha, wie se Twitter-rekening privaat is, het in een van die twiets geskryf: ”Sy was nooit as ‘n ‘enigste kind’ grootgemaak nie. Waarheid kinders! Hy (Thomas) is suksesvol en Mags jok.”

Volgens Mirror Online het sy ook teruggekap op een van die kommentare en gesê diegene wat Thomas ‘n sperm-skenker noem, kan gerus aan hul woorde kan "verstik". 

In nóg ‘n twiet reageer sy op ‘n aanhanger wat skynbaar aan Meghan se kant is: “Ek is bly jy is lief vir mense wat jy nie eens ken nie. Alles wat jy in poniekoerante lees, is leunens. My pa het Meghan vir die ‘n groot deel van haar lewe alleen grootgemaak en Doria was nie eintlik daar nie.”

Samantha het Meghan al voorheen daarvan beskuldig dat sy haar familie en voormalige beste vriendin van sowat 30 jaar, Ninaki Priddy (37), afgeskryf het. Ninaki was Meghan se hoofstrooimeisie toe sy vir die eerste keer in 2011 met haar eksman, die vervaardiger Trevor Engelson, afgehaak het. 

Samantha Markle se spontane Twitter-uitbarstings laat jou wonder wie die volgende slagoffer in haar sosialemedia-spervuur gaan wees.

Bronne: Cosmopolitan, Vanity Fair, Express.co.uk, Mirror Online