Plaaslike bekendes insluitend voormalige wenners van die skoonheidskompetisie het geskitter op die aand. 

Die beeldskone Zozibini Tunzi het uiteindelik met die Mej. SA-titel weggestap.

DIE BEOORDELAARS

mej.sa,mej.heelal,demi-leigh nel-peters
Die voormalige Mej. SA en Mej. Heelal Demi-Leigh Nel-Peters het gestraal in ’n poeierblou-skepping van Anel Botha. Sy was ook ’n beoordelaar op die aand. Foto: Luba Lesolle
mej. sa,anele mdoda,radio-omroeper
Die radio-omroeper Anele Mdoda. Foto: Luba Lesolle
mej. heelal,catriona gray
Mej. Heelal, Catriona Gray. Foto: Luba Lesolle

VOORMALIGE WENNERS

mej. sa,mej. wêreld,rolene strauss
Die voormalige Mej. SA en Mej. Wêreld Rolene Strauss het onlangs in die sosiale media verklap dat sy en haar man, D’Niel, hul tweede kind verwag. Sy is al drie maande swanger en die kleinding word in Februarie volgende jaar verwag. Foto: Luba Lesolle
mej. sa, adè van heerden
Die voormalige Mej. SA Adè van Heerden. Foto: Luba Lesolle
mej. sa,adriaan bergh,melinda bam
Adriaan Bergh en Melinda Bam. Foto: Luba Lesolle
mej. sa, claudia henkel
Die voormalige Mej. SA Claudia Henkel het in 2004 met die louere weggestap. Foto: Luba Lesolle
mej. sa,tamaryn green
Tamaryn Green, wat verlede jaar as Mej. SA gekroon is. Foto: Luba Lesolle
mej. sa,cindy nell-roberts
Die voormalige Mej. SA Cindy Nell-Roberts het beeldskoon gelyk in ’n vleiende swart rok deur die ontwerper Werner Dey. Foto: Luba Lesolle

ANDER BEKENDES

mej. sa,lalla hirayama,televisieaanbieder
Die TV-ster Lalla Hirayama. Foto: Luba Lesolle
mej. sa,nicole capper,survivor
Die Survivor SA-deelnemer Nicole Capper. Foto: Luba Lesolle
lee-ann liebenberg,nicky van der walt
Lee-Ann Liebenberg en manlief Nicky van der Walt. Foto: Luba Lesolle
mej.sa,simoné pretorius,aktrise
Die aktrise Simoné en haar man, Andries Pretorius. Foto: Luba Lesolle
mej. sa,gert-johan coetzee,modeontwerper
Die modeontwerper Gert-Johan Coetzee was vir ’n paar van die gaste se rokke verantwoordelik. Foto: Luba Lesolle
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.