“Deur God se beskerming het ek slegs ’n paar kneusplekke opgedoen,” skryf Adè by ’n boodskap wat sy op Instagram gedeel het.

Sy het ook geskryf sy voel geseënd en dankbaar ná die ongeluk.

Volgens Huffington Post SA het die ongeluk in Randpark Ridge gebeur terwyl Adè in haar Nissan X-Trail, ’n deel van haar prys as Mej. Suid-Afrika, gery het.

Adè het ook die Mej. Suid-Afrika-span bedank vir al die hulp wat hulle in hierdie tyd aan haar gebied het.

In haar Instagram-stories het sy ’n foto gedeel van ’n kaartjie wat deur dié span aan haar gestuur is.

Foto: Instagram.

“Vier die lewe en jou geliefdes elke dag,” eindig sy haar Instagram-boodskap.

Sy het later ook op Instagram verklap dat sy wel "sukkel met intense whiplash en stywe spiere aan die regterkant van haar lyf".

Adè is ’n dokter en ’n luitenant in die weermag. Sy dra die Mej. Suid-Afrika-kroon sedert Demi-Leigh Nel-Peters in November 2017 Mej. Heelal geword het.