En nou is die brunet ’n blondine.

“ ’n Nuwe jaar, ’n nuwe haarkleur,” sê Adè oor dié verandering.

Oh, hey there Monday ?? #misssa2017

A post shared by Adè van Heerden (@adevanheerden) on


“Dit is die eerste keer dat ek my hare blond kleur. Ek is eintlik geïnspireer deur ’n foto van toe ek omtrent so drie jaar oud was. Ek het blonde krulhare gehad,” vertel Adè, wat as eerste prinses die rol van Mej. Suid-Afrika oorgeneem het nadat Demi-Leigh Nel-Peters, Mej. Suid-Afrika 2017, in November as Mej. Heelal gekroon is.

Adè, ’n dokter en luitenant in die Suid-Afrikaanse weermag, sê sy het haar hare stelselmatig ligter gekleur en nie sommer net eensklaps blond geraak nie.

“Enigiets wat die moeite werd is om reg te doen, vat tyd, en dit geld ook vir 'n goeie haarkleur," sê sy.

En voel sy anders noudat sy ’n blondine is? “Ek voel beslis anders. Ek neem myself ’n bietjie minder ernstig op, wat goed is, want ek kan soms verskriklik gefokus en nogal hard op myself wees.”

Sover kry sy darem positiewe terugvoering oor die verandering.

“My susters meen dit wys my sagter kant,” sê Adè.

Hoewel haar tyd as Mej. Suid-Afrika binnekort tot ’n einde kom, sê Adè daar het wonderlike geleenthede oor haar pad gekom.

“Ek kan nog nie meer daaroor verklap nie. Maar my passie is steeds jong vroue en ek sal aanhou om soveel kennis, inspirasie en liefde moontlik in hul lewens te stort.”