Die ouer suster van Miley Cyrus en ’n Suid-Afrikaa
Die ouer suster van Miley Cyrus en ’n Suid-Afrikaanse wildbewaarder is taamlik danig met mekaar op foto’s wat sy op Instagram geplaas het. Foto: Instagram ( @brandicyrus)

In die onderskrifte verwys Brandi bloot na hom as Ry, en meld dat hy van Suid-Afrika kom. Maar nadat sy maande lank haar kêrel se identiteit geheim gehou het, is Ry eindelik as die plaaslike wildbewaarder en veldgids Reinhardt Visser geïdentifiseer.

View this post on Instagram

I finally stole him from South Africa!!!Well at least for 3 weeks ??

A post shared by Brandi Cyrus (@brandicyrus) on

Hoewel sy sosialemediablaaie min oor hom verklap, het internetspeurders uitgepluis sy familie kom van Somerset-Wes buite Kaapstad, en hy werk by die Addo-olifantpark in die Oos-Kaap.

Dis onduidelik hoe die paartjie mekaar ontmoet het. Maar Brandi (33), ’n platejoggie en aktrise, het op Instagram vertel hulle het mekaar ontmoet toe sy in November 2018 in Suid-Afrika vakansie gehou het.

Sy het vertel hulle was tydens die hoogtepunt van die coronaviruspandemie aan verskillende kante van die Aarde, maar dat hulle onlangs weer herenig is en dat sy hom na Amerika se bekende Yellowstone-nasionale park in Wyoming wil neem.

“Dis sy droom om Yellowstone toe te gaan en ek wil hom soontoe neem om te gaan kampeer.

“Ek is so opgewonde,” het sy onlangs aan die Amerikaanse podsending-aanbieder Wells Adams gesê.

Sy het ook verklap hoe sy en haar kêrel hul langafstandromanse tydens die inperking aan die gang gehou het. “Ons het Skype-seks gehad,” het sy gesê. “Wel, eintlik WhatsApp-seks . . . Skype-seks is so outyds.”

View this post on Instagram

113 days - that’s how long it’s been that my boyfriend & I have been apart. Most of you guys know that he is from South Africa, and many of you know that we were making plans to live together this May. Well, with travel bans galore thanks to the ongoing pandemic, neither of us have been allowed to travel to each other’s country. This is by far the longest we’ve ever been apart in the 1 year & 8 months we’ve been in a relationship. It’s been so incredibly hard to be apart, and with zero information or concrete answers it’s so very hard to hold any sort of optimism about when we will possibly be together. Truthfully, words can’t really describe how down we’ve both been feeling. As someone who is typically a positive, upbeat, bright person...this is hard for me to admit. . . But I, along with thousands of other separated couples, are asking for an amendment to the rules of essential travel. Please, let it be considered essential for couples to be reunited. Love is essential, now more than ever! All I want is to be with the person that I love during this scary time. While life slowly starts to move towards normalcy for many, there are thousands of separated couples on the edge of their seats, with their lives on hold, not knowing when they will be reunited with their person. We are willing to quarantine, willing to take tests upon departure & arrival, willing to comply with health & safety rules to protect our communities. We just want to be together ???? . . I’ve signed petitions, I’ve contacted embassies, but I believe the most hopeful means of creating a change is by bringing awareness. That’s the purpose of this post... to share with you guys what Ry and I have been going through, and take a chance that making some noise about it can maybe make a difference. ??#loveisessential #loveisnottourism #wearadamnmask #love #couples #southafrica #usa #travel

A post shared by Brandi Cyrus (@brandicyrus) on

BRONNE: NETWERK24.COM, USMAGAZINE.COM, DAILYMAIL.CO.UK
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe