Dirk van der Westhuizen. Foto: verskaf.

“Ek het die laaste sewe tot agt jaar dié aand opgetree. My onvergeetlikste Nuwejaar sal seker wees toe ek dit saam met my familie kon deurbring. Ons het in Salt Rock by die see gekamp. Die hele familie was daar en ons het ’n huge countdown tot die Nuwejaar gehou, met klappers op die strand. Dit was baie cool. Dit was ook die laaste Nuwejaar wat ek dit saam met my familie gevier het,” vertel sanger Dirk van der Westhuizen.

Jay. Foto: verskaf.

Die geliefde sanger Jay du Plessis spot hy kan geen Nuwejaar ooit onthou nie ...

Joe Foster. Foto: verskaf.

Joe Foster dink terug aan ’n strandpartytjie. “Ek was op die strand in Plet saam met my destydse meisie, haar familie en 'n klomp vriende. Ons het Just Ginger en Hootie and the Blowfish op die strand van Beacon Isle gekyk. Die strand was tjok en blok vol en het gelyk soos ’n Innibos-fees normaalweg nou lyk. Ons het een mal partytjie gehou tot die son opkom op Nuwejaarsdag van die jaar 2000.”

Bobby van Jaarsveld. Foto: verskaf.

Vir Bobby van Jaarsveld was dit die Nuwejaar viering saam met sy familie. “My beste een was seker toe ons hele familie saam op die strand in Mauritius die nawe jaar ingegaan het”. 

Pierre Greeff. Foto: verskaf.

Pierre Greeff van die Heuwels Fantasties glo hierdie jaar se Nuwejaarspartytjie gaan die beste wees. “Dit gaan vanjaar wees terwyl ons borrels drink by Weiveld en @ the beach in Pretoria!”