SONDAG

SEE EN ROOMYS

craig adriaanse,akteur,arendsvlei
Foto: Verskaf

As die 24-jarige akteur nie voor die kameras is nie, kry jy hom tien teen een op die strand. 

Hy is gaande oor die see, sê Craig. 

“Ek geniet dit om die branders dop te hou omdat dit so kalmerend is.” 

En dit maak nie saak watter seisoen dit is nie, hy eet graag roomys.

“Ek eet dwarsdeur die jaar roomys – of dit nou die warmste somer of die koudste winter is.”  

MAANDAG

OPSTAAN-EN-WIKKEL-TYD! 

craig adriaanse,akteur,arendsvlei
Foto: Verskaf

Die akteur, wat in Macassar naby Somerset-Wes woon, geniet sy nagrus terdeë, maar moet dikwels al vroeg roer. 

“Ek moet meestal vroeg opstaan – hoe vroeg, hang af van hoe laat ek op die stel moet wees.” 

Hy is gewoonlik al om vieruur uit die vere. 

“My oggend kan nie sonder ’n lekker koppie koffie begin nie.” 

craig adriaanse,akteur,arendsvlei
Foto: Verskaf

Hy sweet in die gimnasium om sy kop skoon te kry. 

“Om fiks te bly was nog altyd vir my belangrik, so ek maak soveel moontlik tyd om gimnasium toe te gaan.”

DINSDAG 

STEMKUNSTENAAR 

craig adriaanse,akteur,arendsvlei
Foto: Verskaf

Die jong ster het ook onlangs begin om stemopnames by Homebrew Studios te doen. 

Craig is die stem van Ozgur in die telenovelle Gebroke Harte (Paramparça), ’n Turkse storie wat in Afrikaans oor­geklank en op eExtra uitgesaai word. 

“Ek doen dit nou een keer per week. Ek geniet die stemopnames, want dis ’n heel ander wêreld.” 

WOENSDAG

SKOONHEIDSROETINE

craig adriaanse,akteur
Foto: Verskaf

Toe hy nog ’n leerder aan die Hoërskool Hottentots-Holland was, het hy meer as ’n jaar lank met aknee gesukkel. 

“Om na my vel om te sien is dus vir my baie belangrik.” 

Hy gaan een keer per maand vir ’n gesigbehandeling in ’n skoonheid-salon op Somerset-Wes. 

“Ek wil altyd op my heel beste vir die kamera en my beroep lyk.” 

DONDERDAG

‘SKOOL TOE’

Mooimaak: 

craig adriaanse,akteur,arendsvlei
Foto: Verskaf

Wanneer hy in die grimeerstoel sit, is hy gewoonlik besig om grappies met die haarstilis en grimeerkunstenaar te maak.

Op die stel: 

craig adriaanse,arendsvlei
Foto: Verskaf

Hy gaan dan gewoonlik sy woorde deur voor daar aan sy tonele ge­skiet word. 

Arendsvlei word by ’n skool in Eersterivier en by Atlantic Studios in Milnerton verfilm.

Vriende: 

craig adriaanse,dean-richard olivier,arendsvlei
Foto: Verskaf

“My heel beste vriend op die stel is Dean-Richard Olivier (23). Hy vertolk die rol van Anton Venter. 

Ons het mekaar al geken nog voor ons geweet het ons gaan beste vriende in Arendsvlei speel.

VRYDAG 

TEATERLIEFHEBBER

craig adriaanse,marlo minnaar,akteurs
Foto: Verskaf

Aan die einde van ’n lang week hou hy daarvan om dinge rustig te vat en saam met sy goeie vriende, soos die akteur Marlo Minnaar (30) wat in Sara Se Geheim te sien was, na teateropvoerings in onder meer Kuns­tekaap te gaan kyk. 

“Ek geniet dit baie.” 

SATERDAG

MODEL

craig adriaanse,akteur,vannie kaap
Foto: Verskaf

Local is lekker Craig is ook ’n model vir die plaaslike handelsmerk Vannie Kaap. 

Hulle het onlangs ’n tydelike winkel in die Kaapse inkopiesentrum Canal Walk geopen en hom toe genader om ’n model te wees.

KOSLIEFHEBBER 

craig adriaanse,akteur,bekendes
Foto: Verskaf

“Ek is mal oor kos! Ek geniet goed soos pasta en pizza. As ek ’n vinnige happie wil vat, is hoenderrepies altyd my eerste keuse.” 

Hy eet gewoonlik saam met vriende of sy gesin om sommer ’n bietjie op die hoogte te kom en te gesels ook, sê hy. 

Hier het hy in die Strand in die restaurant Casa del Sol middagete gaan geniet. 

SONDAG 

BLY NEDERIG 

craig adriaanse,akteur
Foto: Verskaf

Craig glo daaraan om sy week af te sluit en ’n nuwe een af te skop met Sondagaand se kerkdiens. 

“Om kerk toe te gaan is vir my baie belangrik. Ek het ’n persoonlike verhouding met God en geniet dit om na die Woord te luister.” 

Hy gaan gereeld na The Bay Christian Family Church op Somerset-Wes.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.