Die Liefling van Loftus in Pretoria en Nádine is amptelik ’n jaar lank ’n paartjie. En die liefdesvlam brand nog hoog tussen die duifies.

Verby is die dae wat hul aanhangers moet wonder of die ogies wat hulle vir mekaar in die sosiale media maak, eintlik beteken dat hulle in ’n verhouding is.

"Wie se tweede glasie is daai?" wou ’n aanhanger ’n jaar gelede al by Nádine op Instagram weet. Sy het toe ’n foto van ’n bottel vonkelwyn en twee glasies gedeel, maar het nie enige inligting verklap nie.

Cheers to a week of bliss...! #holiday #takingabreak #nonstopsmiling #bubbles

A post shared by Nádine (@nadinenet) on

Sedertdien het die paartjie behoorlik in die sosiale media gekoer en foto’s en liefdesbriefies aan mekaar gedeel sonder om te blik of te bloos.

Hier is ons gunstelingoomblikke sover.

Derick en Nádine oorkom saam ’n vrees

"Ek het my grootste vrees vandag in die gesig gestaar," het Nádine op Instagram geskryf. Valskermspring was blykbaar ook een van Derick se grootste vrese, maar uit hul gesprek op Twitter is dit duidelik dat hy haar ingepraat het om dit te doen.

Hulle doen moeite met mekaar se belangstellings

Derick het al lankal sy rugbystewels opgehang, maar hy toon steeds groot belangstelling in dié sportsoort. Nádine het gou ingehaal en die tweetjies word dikwels langs ’n rugbyveld gewaar.

Derick se aanhangers word ook gereeld omtrent Nádine se doen en late op sy Twitter-profiel herinner aangesien hy amper al haar vertonings se inligting hertwiet.


Hulle weet hoe om eksie-perfeksie saam te lyk

Die paartjie het saam op die rooitapyt gepryk tydens die Mej. Suid-Afrika-kroningsaand op 27 Mei vanjaar. Nádine het ook by dié spoggeleentheid opgetree.

Hul gesprekke op Twitter is te dierbaar 

Volg mens dié twee op Twitter, is dit duidelik dat hulle glad nie daaroor mal is om tyd weg van mekaar te bestee nie. Hulle twiet oor en weer en is nie skaam om hul harte op hul mou te dra nie.