Sedert hulle op 19 Mei getroud is, loop Meghan (37) en prins Harry (33) onder haar pa, Thomas Markle (74), se skerp tong deur.  
’n Goeie vriend van die hertogin het aan Daily Mail gesê Meghan sal nie toelaat adt haar pa haar manipuleer nie. 

“Dis nou genoeg,” het haar vriend gesê. “Sy kan om die dood nie verstaan waarom hy vir homself so ’n diep gat grawe en goed sê soos: ‘Dit sou vir haar makliker gewees het as haar pa dood was’ nie.

“Sy sê sy wens net haar pa wil ‘ophou klets’ met die pers. Dis die een verjaardaggeskenk wat sy by haar pa wou hê.” 

Die bron voeg by Meghan sal nie binnekort met Thomas in aanraking kom nie. 

“Meghan het geen onmiddellike planne om haar pa te kontak nie. Eerstens, sy is diep seergemaak en, tweedens, sy kan hom nie vertrou om hul gesprekke privaat te hou nie,” sê die bron. 

Die voormalige Suits-aktrise en haar pa, wat weens gesondheidsprobleme nie haar troue bygewoon het nie, het glo drie maande laas gepraat. 

“Meghan is gesteld daarop om getrou aan haarself te wees en haarself te versorg en as dit beteken om toksiese verhoudings te vermy, laat dit so wees,” voeg die bron by. 

“Dis nie asof sy nooit weer met haar pa gaan praat nie, maar beslis nie nou nie, nie in dié klimaat nie.” 

Die bron onthul ook dit was nie die eerste keer dat die aktrise dié soort gedrag die hoof moes bied nie. 

“Sulke gedrag gebeur nie oornag nie,” sê die bron. “Hoekom dink jy is haar ouers in die eerste plek geskei?” 

“Meghan moes baie selfbeeldprobleme trotseer terwyl sy by ’n narsissis grootgeword het. Sy het hulpmiddels om emosionele afpersing te hanteer. Sy bid wel vir hom.” 

Thomas, ’n uitgetrede beligtingsingenieur van Hollywood, vrees ook hy sal nie enige kleinkinders sien wat sy dogter en prins Harry dalk sal voortbring nie, berig die Mirror

Maar Meghan se pa is nie die enigste een wat met die pers praat nie. Haar halfsuster, Samantha Grant, veroorsaak ook opslae met haar stellings aan die media. 

In ’n onlangse artikel wat deur The Sun gepubliseer is, het Samantha oor Meghan se eksman, die televisievervaardiger Trevor Engelson gepraat. Dié is glo onsteld oor hoe hy tydens Meghan en Harry se romanse behandel is. 

“Hy het gesê hy was verpletter, dat hy soos ’n stuk (kou)gom aan die onderkant van sy skoen gevoel het,” het sy gesê. “Hy het Meg gekap slammed.”  

Samantha beweer die rede waarom Trevor nie daaroor gepraat het nie, was omdat hy “die reaksie vrees wat hy in Hollywood sal kry”. 

Dit lyk of die hertogin van Sussex maar net nie ’n blaaskans kan kry nie. 

Bronne: Daily Mail, Mirror, The Sun