Kanae het Donderdag, toe die tweeling vier weke oud geword het, ’n paar foto's van haar, Nick en die tweeling op Facebook gelaai.

Die identiese tweeling Olivia Mei en Ellie Laurel is op Kanae se verjaarsdag, 20 Desember 2017, gebore.

Nick het die bediening Life Without Limbs in 2005 begin en het sy eerste boek, Life Without Limbs: Inspiration of a Ridiculously Good Life, in 2010 uitgereik.

In 2012 is hy en Kanae getroud, en Kiyoshi James en Dejan Levi is onderskeidelik in 2013 en 2015 gebore.

Nick saam met sy vrou, Kanae, en hul twee seuns, Kiyoshi James (4) en Dejan Levi (2). Foto: Facebook

Nick is met ’n toestand gebore waar geen van sy ledemate in geheel ontwikkel het nie.

Baie geluk, julle!