Nadat sy haar 12de huweliksherdenking saam met haar countrysanger-man, Keith Urban, gevier het, het Nicole Kidman verklap hoe hulle hul liefde lewend hou.

“Ons stuur nooit teksboodskappe nie,” het die 51-jarige aktrise aan die tydskrif Parade gesê.

“Ons praat heeltyd en ons FaceTime, maar ons stuur nie teksboodskappe nie, want ek voel teksboodskappe kan soms wanvoorstellend wees.

“En ek het al ervaar dat ek teksboodskappe weer lees en dink: ‘Wat beteken dit?’ en dit dan vir iemand anders lees en vra: ‘Kan jy dit vertok?’. . . Ek wil dit nie tussen my en my minnaar hê nie.”

“Ons hou by stem tot stem, of vel tot vel, soos ons altyd sê,” het sy afgesluit.

Vyf dae gelede het Keith en die gehoor tydens die Country USA-musiekfees in Oshkosh, Amerika, vir Nicole "happy birthday" gesing.

Dié twee, wat albei van Australië kom, is op 25 Junie 2006 in Sydney getroud. Sedertdien het hulle hulle saam met hul dogters, Sunday Rose (10) en Faith Margaret (8), in Nashville, Amerika, gevestig.

Great night last night, loved sharing it with my love. Thank you #time100

A post shared by Nicole Kidman (@nicolekidman) on

Gister het Keith (50) ’n liriese boodskap op Instagram en Twitter gedeel om hul huweliksherdenking te vier.

“Twaalf jaar van hemelse gesamentlike sieledans. Gelukkige huweliksherdenking! Ek het jou bitter baie lief,” het hy geskryf.

In reaksie daarop het Nicola gesê sy onthou hul troudag in die kerk in Manly, Australië, "soos gister".

Bronne: Daily Mail, Instagram, Parade