Die ontluikende musikant het vyf jaar gelede die ernstige besering opgedoen toe hy tydens ’n aandjie uit saam met vriende uit ’n telefoonhokkie geval en sy kop gestamp het. Hy was toe 31.

Sy familie was by hom toe hy vroeër vandeesmaand in Cushendall, ’n dorpie in Noord-Ierland, sy laaste asem uitgeblaas het, berig The Belfast Telegraph.

Ronan Sexton
Eers is Liam se vrou en nou sy susterskind weens ’n kopbesering dood.

Volgens People.com vermoed plaaslike owerhede dat Ronan sowat 6 m vanaf die telefoonhokkie geval het. Die voorval het om vieruur daardie Sondagoggend plaasgevind. Hy was Liam se suster Bernadette Sexton se jongste van ses kinders.

Die gesin se plaaslike priester, Father Luke McWilliams het aan die Belfast Telegraph gesê dat die gesin privaatheid vra in hul tyd van rou. 

Dit herinner aan die tragiese verlies wat die Taken-ster gely het toe sy vrou, die Britse aktrise Natasha Richardson, in 2009 dood is twee dae nadat sy tydens ’n skivakansie in Quebec, Kanada, geval en haar kop gestamp het.

Natasha Richardson
Natasha Richardson Foto: Gallo Images/Getty Images

“Haar dood was nooit ’n werklikheid nie. Dis steeds soort van nie. Soms by ons huis in New York hoor ek die deur oopgaan en wanneer ek dit hoor, dink ek steeds dat dit sy is,” vertel Liam oor sy oorlede vrou. 

Sy was die ma van Liam se seuns, Micheál (23) en Daniel (22).

Bronne: People.com, Belfast Telegraph, Independent, Express.co.uk