Maar danksy haar plat-op-die-aarde ma, Katie Holmes (39), geniet Tom Cruise (55) se dogter doodnormale kinderjare vir die kind van twee glansmense.

Suri (12) is onlangs gewaar toe sy die moltrein skool toe haal saam met haar ma, wat in ontspanne drag geklee was.

‘My kind is die belangrikste mens vir my. Dis uiters belangrik dat sy ’n stabiele, onskuldige kinderlewe het’ – Katie Holmes

Die beroemde ma en dogter is later dieselfde dag in ontwerpersblomrokke gewaar toe hulle die American Ballet-teater se lente-galageleentheid in die Metropolitan-operahuis in New York verlaat.

Maandagaand. Foto: Gallo Images/Getty Images

Bronne: DailyMail.co,uk, Toofab.com