Kykers het Arno (23) eers leer ken as Krige Vos in Binnelanders en later as Tommie in die kykNET-sepie Getroud met Rugby.

A post shared by Arno Greeff (@arnogreeff) on

Dié week het hy en ’n vriend, Etienne Swanepoel, op Arno se Instagram-blad aangekondig hulle het in Januarie hul eie fotografie-onderneming, Paper Plane Media SA, begin.

Arno het ’n foto van hom en Etienne, albei met 'n kamera in die hand, op Instagram gedeel.

“Ek en Etienne. In Januarie het ons die onderneming begin en nou doen ons goed wat ons nooit sou dink ons sou nie. Dis 'n voorreg, maar dis een waarvoor 'n mens moet veg. Moenie rondsit en niks doen nie en kwaad wees dat jy niks terugkry nie.

"Dinge is rof daarbuite, maar nie onmoontlik nie. Begin vandag. Daar’s jou stukkie motivering vir die dag, want as twee baie average ouens soos ons kan, kan jy ook. Lekker,” het die akteur op Instagram geskryf.