Dié aktrise en aanbieder se nuwe hare is 'n bietjie ligter en het effens meer krulle as waaraan ons gewoond is.

Dankie Monique love die kleur en die shag krulle! @garyromhair ????

A post shared by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on

Dit was ook ’n gulde geleentheid om haar magie te wys. Sy is tans hoogswanger en verwag ’n identiese tweeling.

Angelique het einde verlede jaar verklap dat die tweeling se name Annabel en Olivia sal wees.

Sy het klaar ’n babaseuntjie by haar man, die rugbyspeler Jacques Potgieter. Baba Jacques het in November 2017 een jaar oud geword.

Lief vir jou my man @jacquespotgieter7 ??????

A post shared by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on

Angelique het ook onlangs 4D-sonarfoto’s van die tweeling gedeel.

Ons dink jou hare lyk pragtig en sien uit na die tweeling se koms.