Kanye het onlangs gepraat oor die vete tussen Drake (31) en Pusha-T (41), wat vererger het toe Pusha sy bitsige snit The Story of Adidon uitgereik het. Kanye het tot die lied bygedra en dit vervaardig.

“Mense is by jou gesin en in jou huis en dan raak hulle kwaad en stuur pers duiweltjie-emoji’s,” het Kanye (41) van die rapper Drake gesê.

????

A post shared by champagnepapi (@champagnepapi) on

“Ons verstaan dat hy ontsteld geraak het daaroor (The Story of Adidon). Ek voel dit was onsensitief van hom om my op enige manier te laat stres – en dit terwyl ek in Wyoming heel word en al die stukke bymekaartrek.”

Skaars ure nadat die onderhoud uitgesaai is, het Drake oënskynlik op Instagram gereageer deur ’n Polaroid- foto van homself te plaas met “The Boy 666666666” daaronder geskryf.

Hy het vet in die vuur gegooi deur dit die byskrif te gee van ’n laggende emoji en die pers duiweltjie-emoji waarna Kanye in sy onderhoud verwys het.

Mooi speel, ouens . . .

Bronne: People.comETCanada