Die 32-jarige aktrise het die twiet – wat sy beweer buite konteks gebruik is – vinnig uitgevee.

Maar toe volg sy dit op met nog twiets waarin die Amerikaanse president, Donald Trump, se beleid om gesinne te skei, veroordeel word.

Baie internetgebruikers was nie ingenome met haar nie.

Die 'ander' Amber

Amber is bekend vir haar uitgesprokenheid en aktiewe deelname aan protesaksies waar 'n verskil in mense se lewens probeer bewerkstellig word.

Verlede maand het sy saam met ander Hollywood-bekendes betoog teen die skeiding van immigrante-families.

Aan die begin van Junie het sy ook uitgereik na 'n sieklike Siriese dogtertjie, Weam (12).

Twee jaar gelede het sy haar steun aan die veldtog wat geweld teen vroue probeer bekamp, toegesê nadat sy glo deur Johnny Depp mishandel is.