Prokureurs vir die 45-jarige Grammywenner het ’n brief aan Trump gestuur nadat hy die liedjie Happy op ’n byeenkoms gebruik het ure nadat ’n man 11 mense in ’n sinagoge in Pittsburgh, Pennsilvanië, doodgeskiet het.

Die aanval word as die ergste antisemitiese een in die Amerikaanse geskiedenis beskryf.


“Op die dag van die massamoord op 11 mense deur die toedoen van ’n versteurde ‘nasionalis’ het jy die liedjie Happy op ’n politieke geleentheid in Indiana voor ’n skare gespeel,” skryf Pharrell se prokureur Howard King in die brief.

“Daar was niks ‘gelukkig’ oor die tragedie wat ons land Saterdag toegedien is nie en geen toestemming is vir die gebruik van die liedjie vir die doel verleen nie.”

Hy voeg by “Pharrell het nie, en sal nie” vir Trump toestemming gee om “enige van sy musiek in die openbaar uit te voer of andersins uit te saai of te versprei nie”.

Kunstenaars sê nee

Pharrell is nie die enigste musikant wat vir Trump sê hy mag nie sy musiek gebruik nie – Adele, Elton John, Queen, Andrea Bocelli, Charlotte Church, Ice T, Adam Lambert, Rebecca Ferguson, Steven Tyler van Aerosmith-faam en The Rolling Stones het ook geweier.

Pharrell Williams se prokureurs het ’n brief aan pres. Donald Trump gestuur nadat hy die liedjie Happy op ’n byeen­koms gebruik het.

Die Mormoonse Tabernakelkoor, Jackie Evancho ('n America's Got Talent-finalis), 3 Doors Down en Jon Voigt was wel teenwoordig.