Die sexy hartebreker wat soms halfkaal in flieks dans, is nie meer enkellopend nie.

Die Amerikaanse akteur (38) gaan met Jessie J (30), die Britse sangeres en liedjieskrywer van treffers soos Bang Bang en Price Tag, uit. Die twee is glo al ’n hele paar maande 'n paartjie, berig Us Weekly. 

Channing, die Magic Mike-akteur, was Maandag by een van Jessie se vertonings in Salt Lake City om haar te steun.

"Hy doen baie moeite en wil soveel tyd as wat hy kan saam met haar deurbring. Hy geniet dit en wil sien waarheen dit vorder. Hy ken haar 'n rukkie en het altyd gedink sy is baie talentvol," het ’n bron na aan die paartjie gesê.

Jenna Dewan (37), Channing se eks, by wie hy ’n vyfjarige dogter het, het in April vanjaar aangekondig hulle gaan ná 'n huwelik van nege jaar skei.

Hy laat beslis nie gras onder sy voete groei nie.

Jenna blykbaar ook nie. In September het ’n bron gesê Jenna gaan ook weer op "informele afsprake".

Bronne: Us Weekly, E! Online