Wel, die 44-jarige voormalige model het nie gras onder haar voete laat groei nie.

Sy is onlangs afgeneem toe sy die 28-jarige Tom Kaulitz, ’n kitaarspeler vir die Duitse rockgroep Tokio Hotel, soen.

Die nuwe kêrel. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Die twee het alte danig geraak op die stel van America’s Got Talent, waar Heidi tans ’n beoordelaar is.

Heidi is die ma van Helene (13) by die Italiaanse sakeman Flavio Briatore (67), asook Henry (12), Johan (11) en Lou (8) by haar eksman die sanger Seal (55).

Sy hou duidelik van veel jonger mans en gee nie ’n duit om wat enigiemand daarvan dink nie.

Die eks. Foto: Gallo Images/ Getty Images

“Dit maak nie saak wat mense sê nie, solank jy net weet julle deel ’n wonderlike tydjie saam wanneer jy jou huis se deur toetrek. Dis al wat werklik saak maak,” het die voormalige Victoria’s Secret-model al oor die ouderdomsgaping van 13 jaar tussen haar en Vito gesê