Ná People se sexyste man aangewys is, het die kykNET-sepie Getroud Met Rugby teruggekap en 'n sexy foto van hul eie aantreklike spiertiere op Instagram gedeel.

Op dié foto is die vuurwarm voormalige 7de Laan-akteur Werner Coetser saam met sy smeulende Getroud Met Rugby-medesterre Sean van Noordwyk, David Louw en David Johnson.

Getroud Met Rugby dink hul ouens is meer aantreklik as Idris Elba, wat volgens People die sexyste man op aarde is.

Hier is nog 'n paar witwarm akteurs wat heel sag op die oog is: 

7de Laan

Dié sepie se aantreklike kêrels het vanjaar by die Durban July gewys hoe goed hulle in 'n pak kan lyk. Op dié foto wys Hennie Jacobs, André Lotter, Theodore Jantjies en Markus Haywood presies hoe sexy hulle is! 

Die smeulende André, wat die rol van Rickus in 7de Laan vertolk, spog ook gereeld met foto’s van sy lyf in die gimnasium. En ons kla glad nie!

Suidooster

Moet ook nie van dié KykNet-sepie vergeet nie! Die aantreklike spul het absoluut sjarmant gelyk het by vanjaar se Woordfees op Stellenbosch. Op dié foto is Gideon Lombard, Gantane Gwane Kusch, Marco Spaumer en Dean Smith omtrent uitgevat!

Die sepie se Eden Classens laat die dames ook omtrent smeul met sy sin vir mode en mooi oë!

Waai hulle maar na ons kant toe, suidoosterwindjie! 

Binnelanders

Dié vuurwarm TV-dokters laat omtrent die bloeddruk styg. 

Dr. Quinton Meyer, wat deur die akteur Ramey Short vertolk word, is omtrent 'n fees vir die oog.

Daar is ook die spiertier Clint Brink, oftewel dr. Steven Abrahams. Hy deel gereeld foto’s van homself in die gim. Genade!  

Die dromerige akteur Hykie Berg is ook deel van die oulike ouens op die stel van Binnelanders wat ons lys van sexy sepie-mans haal. En daai glimlag maak omtrent die knieë lam!