book-icon Uitgawe 8 Februarie 2018

Oe-la-la! SA bekendes wys lyf op eilandparadys

akkreditasie
Van links is die aktrise Khanya Mkangisa, die radiopersoonlikheid Tumi Voster, Melinda, die fiksheidsmotiveerder Sbahle Mpisane, die Idols-wenner Karabo Mogane, die akteur Nay Maps en Brendan. Foto: Verskaf
Van links is die aktrise Khanya Mkangisa, die radiopersoonlikheid Tumi Voster, Melinda, die fiksheidsmotiveerder Sbahle Mpisane, die Idols-wenner Karabo Mogane, die akteur Nay Maps en Brendan. Foto: Verskaf

Dis van die opwinding wat kykers kan beleef wanneer Tropika Island of Treasure uitgesaai word. In dié SABC3-werklikheidsreeks, wat op 5 Februarie om 19:30 begin het, span ses bekende Suid-Afrikaanse persoonlikhede kragte saam met ’n lid van die publiek.

As spanmaats durf hulle verskeie uitdagings aan om vir die prysgeld van R1 miljoen in aanmerking te kom. “Ek het geweet ek moet aan my fisieke vermoë werk, nie soseer my fiksheid nie, maar om fisiek sterk te wees,” vertel die voormalige Mej. Suid-Afrika Melinda Bam oor haar voorbereidings vir die eiland.

Die fiksheidsmotiveerder Sbahle Mpisane het nie net ’n gesonde eetprogram gevolg en geoefen nie, maar ook kopkrappers uitgewerk. “As jy op die eiland kom, maak dit nie saak hoeveel jy jou voorberei het nie,” sê sy. “Jy hou daarvan of nie.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees