Die 38-jarige aktrise het Dinsdag op Instagram onthul haar onlangse besoek aan die badkamer het lelik skeefgeloop. 

“Waarskuwing . . . Moenie op die toilet agteroor leuen wanneer jy swanger is nie,” skryf Jessica by die plasing.

Op die kiekie hou die ma van twee, wat stylvolle Fendi-insteekskoene en ’n patroonbroek aanhet, die toiletsitplek vas. 

Dit is nie die eerste keer dat die Blonde Ambition-aktrise openlik oor haar swangerskap is nie.

’n Paar uur voor die toiletblaps het Jessica met haar aanhangers gedeel sy ervaar kwaai sooibrand, berig People.

“Weens ernstige swangerskapsooibrand het ek vir my ’n spesiale stoel gaan koop,” skryf sy by haar plasing.

Sowat ’n maand gelede het ’n foto van haar opgeswelde enkel ook haar aanhangers laat gons. "Ek hoop nie ek kry dit nie," het een persoon angstig laat hoor. "My voete het ook so gelyk, maar so paar dae ná my seuntjie se geboorte het dit darem weggegaan," skryf ’n ander.

View this post on Instagram

Any remedies?! Help!!!!

A post shared by Jessica Simpson (@jessicasimpson) on

In September het die ster bekendgemaak sy en haar man, Eric Johnson, verwag hul derde kind, berig E Online. Hulle het ook sommer toe al die geslag van die kind verklap en gesê hulle sal nog ’n babadogtertjie ryker word.

Die paartjie, wat in 2014 die knoop deurgehaak het, is reeds die ouers van ’n meisie, Maxwell Drew (6) en ’n seun, Ace Knute (5).

Bronne: Instagram, People, E Online