In ’n onlangse onderhoud met Harpersbazaar.com het sy gesê openbare belangstelling in haar het ná die troue die hoogte in geskiet.

Sy het ’n groen Dolce & Gabbana-rok na die troue gedra, wat tot vergelyking met haar oorlede tante gelei het, met baie mense wat gesê het sy het haar tante se natuurlike skoonheid en elegante modesin geërf.

Die 28-jarige model, wat die oudste dogter van prinses Diana se broer, graaf Charles Spencer is, sê die kollig was vir haar taamlik skrikwekkend.

“Dit was beslis onverwags,” sê sy.

“My Instagram-volgelinge het in een aand van 17 000 tot ’n halfmiljoen vermeerder.”

’n Week ná die hertog en hertogin van Sussex se troue is aangekondig Kitty is die nuwe handelsnaamambassadeur vir die luukse ontwerpershandelsnaam Bulgari.


View this post on Instagram

? @bulgariofficial by @alexanderneumann ?

A post shared by Kitty Spencer (@kitty.spencer) on


Sedertdien vlieg sy die wêreld vol vir werk en bring die meeste van haar tyd in New York, Beijing, Moskou en Doebai deur.

Kitty is in 1990 gebore en het by haar ma, Victoria Lockwood, ’n voormalige model, grootgeword. Sy het later sielkunde aan die Universiteit van Kaapstad studeer.

View this post on Instagram

Mamma and her lion cubs ?? #internationalwomensday

A post shared by Kitty Spencer (@kitty.spencer) on

Sy sê die nuutgevonde roem het druk meegebring om haar voorkoms te verander – iets wat sy weier om te doen.

“Ek skat ek doen die goed op my eie voorwaardes. Ek dink nie dis my werk om my te verhonger om in ’n uitrusting te pas nie,” sê sy.

“As ek ingestem het om iets vir ’n maatskappy te doen, kyk ek na myself maar is nie obsessief of ongesond nie. As ’n firma saam met my wil werk, en dink hul ontwerpe lyk goed aan my, dan kan hulle dit in my grootte vir my gee.”

Bronne: Harpersbazaar.com, Mirror UK, honey.nine