Nou, sewe jaar en drie kinders later, het die hertogin van Cambridge haar behoorlik as spanlid van die koninklike gesin gevestig en is sy is ’n steunpilaar vir haar man, sowel as Meghan, die hertogin van Sussex.

Dit het nou aan die lig gekom dat Kate baie na aan haar swaer, prins Harry, is. Hy het selfs ’n eie oulike bynaam vir haar, berig Express.

Kate het baie name en titels, van Catherine die hertogin van Cambridge, tot Kate Middleton en Catherine Elizabeth,  en prins William noem sy vrou glo “babe” en “darling”, berig Harper’s Bazaar.

Maar prins Harry, wat die hertogin al 15 jaar ken, verwys na haar as “Cath”, die afkorting vir Catherine, berig OK.

Tydens ’n radio-onderhoud met die aanbieder Scott Mills het Kate gesê sy is nie bewus van die bynaam nie en reageer op die meeste name.

“Ek is nie seker nie. Ek ken dit nie eintlik nie. Maar ek sal op die meeste name antwoord.”

Dis nie ongewoon dat die koninklikes byname vir mekaar het nie. Iemand het gehoor Harry noem Meghan “Meg” en sy noem hom glo “Haz”.

Bronne: OK, Express, Harpersbazaar.com