Suzette Claase, die vrou van Charné se sangmaat, Rudi Claase, het Vrydag die hartseer nuus aan Huisgenoot bevestig.

“Ons is nou hier almal saam. Dit was maar ’n moeilike week vir ons almal . . . My pa was ’n sagte, liefdevolle en goeie mens,” het Charné se broer, Sven, ’n vryskutjoernalis, ná sy pa, Johan (65), se afsterwe in die Tygerberg-hospitaal in Parow, ’n voorstad van Kaapstad, gesê.

Charné Hugo
Die Lieflinge-sangeres Charné Hugo se pa, Johan, moes ’n noodoperasie ondergaan nadat hy die naweek twee hartaanvalle gehad het. Foto: Facebook

Charné het Vrydag ’n hartroerende inskrywing op haar Facebook-blad gedeel:

Ek het nie woorde nie ekt so baie vrae en geen antwoorde nie.. Ek gaan pa se stem nooit weer hoor.. Nooit weer pa sien nie.. Pa is na pa se Hemel huis.. Ek sal altyd lief bly vir pa.. Verewig en altyd..

Posted by Charne Hugo on Thursday, November 26, 2020

Huisgenoot het vroeër berig haar Johan (65) moes verlede naweek ’n noodoperasie ondergaan nadat hy twee hartaanvalle gehad het.

Sven het Maandag nog vertel dit gaan onder die omstandighede goed met sy pa. "Hy is stabiel en sterk goed aan. Dokters glo hy sal volkome herstel."

Ons Lieflinge
Foto: Verskaf.

Toe kom die skoktyding Vrydag ure voor hulle gedink het hy ontslaan sou word.

Sven vertel weens riglyne rondom covid-19-pandemie het hulle net beperkte toegang tot hul pa in die hospitaal gehad. Die verpleegster, wat hulle met die tyding gebel het, het beaam hul pa was ’n dierbare mens.

Johan ek kan dit nie glo nie. Gisteraand kon jy nie gewag het om vanoggend huis toe te kom nie. Ek gaan jou verskriklik mis. Lief vir jou.

Posted by Ammie Hugo on Thursday, 26 November 2020

Ammie, Charné en Sven se ma, het Vrydagoggend op haar blad geskryf:

Sven vertel hul pa het hulle as gesin onderskraag. “Hy het baie opofferinge vir ons as familie gemaak.”

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe