Z squared. #GreatestShowman

A post shared by Zac Efron (@zacefron) on

ZAC EFRON (30)

BUITELUG-OU

Zac hou van die buitelug. Hy en sy broer, Dylan (25), het verlede jaar in Malibu ’n driekampkragmeting aangedurf. Die High School Musical-liefling is mal oor braai en sê hy sou ’n kok geword het as hy nie ’n akteur was nie.

Happy Sunday world! #SundayFunday

A post shared by Zac Efron (@zacefron) on

DROOM OOR TYRA 

Die akteur, wat lank laas in ’n ernstige verhouding was, vertel hy het as kind ’n plakkaat van die supermodel Tyra Banks in sy kamer gehad.

GRAPJAS

Zac hou van gekskeer en het in ’n onderhoud vertel hoe hy die sangeres Macy Gray onkant gevang het. "Ek het haar trompop geloop terwyl ek in my onderklere was. Sy het dit glad nie verwag nie!"

ZENDAYA COLEMAN (21)

SILWERDOEKSTER

Dis die eerste groot rol vir Zendaya, wat bekend is vir haar spel in die Disney-reekse Shake It Up en K.C. Undercover, sedert Spider-Man: Homecoming (2017).

THE dress.

A post shared by Zendaya (@zendaya) on

MODEPOP

Sy laat die koppe draai waar sy ook al gaan. Dis eintlik geen wonder nie; sy is onder meer die trotse eienaar van die klerereeks Daya by Zendaya, wat die geld laat inrol.

Today's accidental reference...Golden Globes?

A post shared by Zendaya (@zendaya) on

(HONDE)LIEFDE

Die aktrise deel gereeld in die sosiale media foto’s waarop sy liefies koer met haar hond, Noon. Maar daar is dalk ’n ander liefde in haar lewe: Daar was talle gerugte dat Zendaya en haar Spider-Man-medester Tom Holland ’n paartjie is, maar die twee hou vol hulle is net pelle. Ons hou jou op die hoogte!

...Noon is 2 today guys....?????? #happybirthdayson #dogmom

A post shared by Zendaya (@zendaya) on

KYK DIT

The Greatest Showman begin op 29 Desember in teaters.

Bronne: Vogue.com, Zendaya.com, Eonline.com, Cosmopolitan.com