VROU VAN VELE TALENTE

Karen (30) is bekend vir haar spel in die Guardians of the Galaxy-flieks en in The Circle, maar sy is ook ’n vervaardiger en draaiboekskrywer. Haar Guardians-karakter, Nebula, gaan volgende jaar in Avengers: Infinity War te sien wees.

VROUEKRAG

Karen het danksy haar rol as Amy Pond in die bekroonde BBC-reeks Doctor Who bekend geraak in die vermaakbedryf.

Toe aanhangers ’n bohaai opskop toe Jodie Whittaker die rol kry van die eerste vroulike “The Doctor”, het Karen hulle vinnig op hul plek gesit: "Mense wonder of ’n vrou die rol kan vertolk. Dit is heeltemal verregaande. Sy is ’n briljante aktrise en ek dink sy gaan die reeks vernuwe."

ROOI IS MOOI

Die natuurlike rooikop verwys graag in die sosiale media na haarself as Ginger wanneer sy kiekies deel waarop haar hare al die aandag trek.

When I did a shoot for GQ magazine and looked like a ginger giraffe.

A post shared by Karen Gillan (@karengillanofficial) on

OERWOUDSTREKE

Jumanji: Welcome to the Jungle word op 29 Desember uitgereik. Daarin speel Karen teenoor Nick Jonas, The Rock en Kevin Hart. Sy sê: "Dis indrukwekkend, ongelooflik en briljant. Ek kan dit nie in een woord opsom nie, want dis te goed. Dit is ’n moetsienfliek dié."

Bronne: Mirror.co.uk, Instagram, Imdb.com, YouTube