Terug op die silwerdoek

Dié ster van X-Men-faam is bedrywig verby. Hy is tans te sien in die hoofrol van Steven Spielberg se nuwe riller, Ready Player One. En later vanjaar hervat hy sy rol as Cyclops, die superheld wat rooi laserstrale uit sy oë kan skiet, in X-Men: Dark Phoenix.

Deurbraakrol

Op die ouderdom van 10 het Tye (21) meer as 10 000 ander kinders uitgestof om ’n rol in die drama The Tree of Life (2011) los te slaan.

Hy het teenoor die Hollywood-ster Brad Pitt gespeel. Sedertdien ryg hy die een rol ná die ander in.

Bekendste Sheridan

Hy is ’n boorling van die Texas-dorpie Elkhart, wat sowat 2 000 inwoners het.

Hy is al akteur in die gesin. Sy ma, Stephanie, besit ’n skoonheidsalon en sy pa, Bryan, werk vir ’n afleweringsonderneming.

Hy het ook ’n jonger sussie, Madison.

Kaapse draai

Hy was in 2015 in Suid-Afrika vir skietwerk aan die rillerfliek Detour.

“Dit was een van die beste ervarings wat ek al gehad het,” vertel hy. “Dit was my eerste keer in ’n ander land. Ek is mal oor Kaapstad en mal oor Suid-Afrika.”

Ready Player One

Die toekomsriller speel af in die jaar 2045.

Die werklike wêreld is in ’n chaos gedompel en mense ontvlug na ’n virtuele wêreld genaamd Oasis.

“My karakter trek aan die kortste end in die regte wêreld,” vertel hy.

Die Oasis-skepper sterf en laat sy fortuin na.

Dan ontdek Tye se karakter, Wade, die eerste sleutel om beheer oor die virtuele wêreld te neem.

Bronne: IMBD.com, Cominsgsoon.net, TheSocial.ca, Youtube, Denofgeek.com