"OFF-WHITE™"

A post shared by Kaia (@kaiagerber) on

DIS IN HAAR BLOED

Die appel val nie ver van die boom nie. Haar ma is die supermodel Cindy Crawford (51) en haar pa, Rande Gerber (55), deesdae ’n skatryk sakeman, was ook eens ’n model. Ouboet Presley (18) volg ook in hul ouers se voetspore.

the celebration of a genius

A post shared by Kaia (@kaiagerber) on

VOORBLADSTER

Kaia was al in al wat ’n tydskrif is – van Teen Vogue en Pop Magazine tot Vogue Italia en Vogue Paris. Sy leef duidelik enige model se droom uit. Sy is ook aangewys as die gesig van modehandelsmerke soos Versace en Alexander Wang.

BEROEMDE PELLE

Dié meisie kuier gereeld saam met die coolste mense. Ons is skoon jaloers. Die model Bella Hadid (21) is een van haar beste vriendinne, en sy is pelle met Taylor Swift (27), Cara Delevingne (25) en Kendall Jenner (22). Ons sou wat wou gee om na daardie partytjies genooi te word.

DIE MEISIE AGTER DIE NAAM

Die naam Kaia kom van die Hawaise woord “kai”, wat oseaan beteken. Dit spreek boekdele, want sy is dol oor die see en waterpret.

sundays

A post shared by Kaia (@kaiagerber) on

MEER AS NET ’N MODEL

Sy het saam met die ontwerper Marc Jacobs haar eie reeks handsakke begin. "Ek’t nog altyd daarvan gehou om my eie klere te ontwerp. Dit was hope pret om saam met Marc en sy span te werk."

’n PASSIE VIR TROETELDIERE

Die donkerkop is ’n diereliefhebber en deel gereeld foto’s van diere: honde, varke, skilpaaie, akkedisse – noem dit en sy kiek dit. Sy het twee honde, Sugar en Widget.

angel baby

A post shared by Kaia (@kaiagerber) on

BRONNE: GLAMOURMAGAZINE.CO.UK, HOLLYWOODLIFE.COM, THELOVEMAGAZINE.CO.UK, THETHINGS.COM, FLARE.COM