Ryan Seacrest het tydens ’n uitsending van sy kletsprogram met Kelly Ripa, Live with Kelly & Ryan, gesê die vervaardigers van American Idols is ernstig versoek om streng by die skedule te hou tydens die verfilming van die program op Valentynsdag.

Hy't bloot gedink dis maar net omdat almal iets spesiaals vir die dag beplan het. Maar kort nadat Katy die stel verlaat het, was die rede vir die streng skedule duidelik toe Katy die nuus op Instagram gedeel het.

Heel gepas het Katy dié foto op haar Instagram-bla
Heel gepas het Katy dié foto op haar Instagram-blad gedeel met die woorde 'full bloom'

Orlando het dieselfde foto op sy Instagram-blad gedeel met die byskrif: "Lifetimes".

“Sy het so gelukkig gelyk, sy het gestraal,” het Ryan van sy mede-Idolsbeoordelaar.

Hy het die program se ateljee-gehoor behoorlik laat skater toe hy beduie hoe Katy vreeslik opsigtelik met haar linkerhand gebare gemaak het tydens die Idols-beoordelingsessie.

“Orlando het dit ’n hele ruk lank beplan. Hy wou hê alles moet spesiaal wees,” het Ryan. En dit lyk of die man dit weliswaar reggekry het.

Die 42-jarige akteur het boonop op die ou­skoolmanier eers haar ouers se toestemming gevra!

“Katy (34) se gesin het geweet hy gaan haar vra om te trou. Hy het vooraf met haar ouers daaroor gepraat.”

Die twee glansmense sien uit na ’n sterbelaaide bruilof en wil so gou moontlik met ’n kroos begin, vertel bronne.

“Katy verslap vanjaar die pas met haar loopbaan,” voeg een by.

“Hulle wil trou en kort voor lank met ’n gesin begin.”

Orlando is reeds die pa van ’n seun, Flynn (8), by sy eksvrou, die model Miranda Kerr (35), van wie hy in 2013 geskei is.

View this post on Instagram

T-shirt says it all ??????

A post shared by Orlando Bloom (@orlandobloom) on

Hy en Katy is reeds vanaf 2016 gereeld in mekaar se geselskap gewaar nadat hulle mekaar in Januarie tydens die Golden Globes-prysaand ontmoet het.

Hulle het aanvanklik uit die kollig gebly, wat daartoe gelei het dat gerugte van iets meer tussen die twee bloot net dit was: gerugte.

Toe deel Katy in Mei 2016 ’n foto op Instagram waarop sy en Orlando uitgestrek op die trappe van 'n huis lê.

Die foto wat die aap uit die mou gelaat het: Katy
Die foto wat die aap uit die mou gelaat het: Katy Perry en Orlando Bloom. Foto: Instagram (Katy Perry)

Sake het nie altyd seepglad verloop nie. In Julie dieselfde jaar het hulle weggebreek na Sardinië in die suide van Italië. Toe word Orlando gekiek in sy adamsgewaad en die foto's word die wêreld ingestuur.

Orlando het dit eers afgelag, maar in April 2017 het hy erken dit was vir hom 'n skok om so afgeneem te word.

"Ek het 'n oomblik ervaar waarin ek heeltemal vry gevoel het. Maar wat kan ek sê? Jy's nooit werklik vry nie." 

Die twee glansmense sien uit na ’n sterbelaaide br
Die twee glansmense sien uit na ’n sterbelaaide bruilof. Foto: Gallo Images/Getty Images

In Januarie het Katy ’n foto van Orlando op Instagram gedeel waarin sy hom met sy 42ste verjaardag gelukgewens het.

“Gelukkige 42ste verjaardag aan die sagmoedigste en oulikste man wat ek die voorreg het om tyd mee deur te bring.” 

Orlando het dié foto op Instagram gedeel en daarby geskryf: "Onder dit alles grinnik ons van oor tot oor."

Of dit die koue of opwinding van die oomblik was, is nie duidelik nie, maar Orlando het vergeet om sy splinternuwe verloofde in die plasing te "tag".

Katy het nie op haar laat wag nie. Onder die kommentaar by die foto het sy hom versoek om haar ook te "tag" sodat sy nie bloot net soos 'n toevallige persoon aan sy sy lyk nie.

Katy (34) was van 2010 tot 2012 met die Britse komediant Russell Brand (43) getroud.

Bronne: people.com, eonline.com, cosmopolitan.com