Die uitgetrede Amerikaanse bofbalster Jose Canseco (54) het gister op Twitter uitgevaar A-Rod (43) verkul sy verloofde, die sangeres en aktrise J-Lo (49), met sy 46-jarige eksvrou, Jessica Canseco.

Hy het sy Twitter-tirade oor die beweerde affair begin terwyl hy World of Dance gekyk het, ’n NBC-werklikheidsprogram waarop Jennifer ’n beoordelaar is. 

"Kyk World of Dance, kyk hoe J-Lo vir Alex Rodriguez teksboodskappe stuur. Min weet sy hy verkul haar met my eksvrou Jessica. Die arme meisie, sy het geen idee wie hy regtig is nie," skryf Jose in ’n reeks twiets. 

Canseco beweer hy was by Jessica toe sy ’n oproep van A-Rod, sy voormalige mede-New York Yankees-speler gekry het, berig Vulture

"Ek was ’n paar maande gelede daar by haar toe hy haar bel," vertel hy oor A-Rod, wat al twee jaar lank met J-Lo uitgaan. Jose het sy aanval op A-Rod geëindig deur hom tot ’n geveg uit te daag, berig Complex

Volgens Daily Mail sê Jose hy is bereid om ’n leuenverklikkertoets te ondergaan om te bewys sy bewerings is "100% akkuraat". 

Jennifer, wat al drie keer getroud was, het in ’n onlangse onderhoud aan People gesê sy wil absoluut seker wees die vierde keer sou die laaste wees voor sy haar in iets begewe. 

“Ek is haastig drie verskillende huwelike in. In dié stadium wil ek seker wees," het sy gesê.

Sy het ’n 11-jarige tweeling, Max en Emme, by haar derde man, die sanger Marc Anthony (50). A-Rod het ook twee kinders, Natasha (14) en Ella (10), by sy eksvrou, Cynthia Scurtis (46).

Hy het Saterdag op Instagram ’n foto van die knoets van ’n verloofring gedeel wat hy vir J-Lo gegee het toe hy die jawoord vra tydens hul vakansie in die Bahamas. Hy het by die foto geskryf: "Sy het ja gesê".

View this post on Instagram

she said yes ♥?

A post shared by Alex Rodriguez (@arod) on

Die twee duifies deel hordes foto’s van hul romantiese wegbreek op hul Instagram-rekeninge.

View this post on Instagram

#beachbums ??????

A post shared by Jennifer Lopez (@jlo) on

View this post on Instagram

Heading into the weekend like: ??

A post shared by Alex Rodriguez (@arod) on

"Jennifer is in die wolke en so ook hul families en vriende. Baie min mense het geweet Alex beplan om die jawoord te vra," vertel ’n bron aan die tydskrif People. "Dis was ook vir Jennifer ’n verrassing. Dit was net hoe Alex dit wou hê."

Bronne: Vulture, Complex, Daily Mail, People, E! News