Sy en Ryno Olivier (29) het mekaar einde 2019 ontmoet toe Ryno vir haar ’n boodskap op Instagram gestuur het en die twee toe in Kaapstad op ’n afspraak gegaan het. 

“Ek is regtig super-opgewonde om verloof te wees. Dit voel nog ’n bietjie surrealisties.” 

Pascal sê sy sien uit na die verloofde lewe
Pascal sê sy sien uit na die verloofde lewe. Foto: Verskaf

Sy en Ryno was op Saterdag 5 Desember op Knysna toe hy haar gevra het. 

“Ons het by die hotel oesters geëet en wyn gedrink. In ’n stadium het ek hom leer dans. Ek het op een punt my rug op hom gedraai, en toe ek weer sien, toe staan hy op sy een knie met die boksie in sy hand.

“Hy het trane in sy oë gehad en gesê dat hy dit vir ewig wil doen, en hy wil graag hê ek moet sy vrou wees. Ek het dadelik ja gesê.” 

Sy sê hulle twee het toe in die see gaan swem om dit te vier. 

Die ring wat Ryno vir haar gegee het, is ’n knewel van ’n saffier-edelgesteente van 3.34 karaat met 12 diamante rondom en ’n geelgoud band. Die ring is deur Stéfan Doveton-Moore van Prince and Prince-diamante ontwerp. 

Volgens Pascal het hulle nog nie op ’n troudatum besluit nie. 

“Ons gaan vir eers die verloofde lewe geniet.”

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe