“Die somer hier is ongelooflik! Jy voel ook veiliger, en dis lekker dat jy nie oor jou skouer hoef te kyk wanneer jy gaan stap nie,” sê Lani.

“Die leefstyl hier in Frankryk is baie rustiger as in Suid Afrika. Frankryk het beslis ook die lekkerste wyn in die wêreld.” 

Die rustige pas in Frankryk is wonderlik vertel La
Die rustige pas in Frankryk is wonderlik, vertel Lani. Foto: Verskaf

Dis ook vir haar vreeslik lekker dat Jan, wat voorheen vir die Blou Bulle uitgedraf het, nie vir so lank op ’n slag weg van die huis af hoef te wees nie. 

Hulle was in Februarie in Suid-Afrika, maar verlang vreeslik na hul familie en vriende, sê sy.

“Veral nou met covid-19, wat dit moeilik maak om bymekaar te kom.”

View this post on Instagram

Starting the day with two of my favourite things... coffee & jiet ????♥?

A post shared by Lani Scholtz Serfontein (@lanisouthafrica) on

Tog sien die egpaar baie daarna uit om weer na Suid-Afrika toe terug te kom. “Dit was teleurstellend om nie te kon teruggaan vir die vakansie nie. Ek mis Suid-Afrika se kos bitter baie en my familieplaas,” sê Lani.

Behalwe dat mense nog maskers moet dra, gaan dinge aan soos normaal in Frankryk.

Die paartjie was laas in Februarie in Suid-Afrika
Die egpaar was laas in Februarie in Suid-Afrika en verlang baie na hul familie hier. Foto: Verskaf

Jan en Lani is ook baie aktief en geniet dit om met hul hondekinders te gaan stap. Die twee sweet ook gereeld saam in die gimnasium en speel tennis. Die langbeen-blondine is immers ’n kranige tennispeler wat as student Maties se no.1-speler was.

Die paar ken mekaar al sedert hul kinderjare en het begin uitgaan toe sy 'n leerder aan die Hoërskool Overberg op Caledon en hy op Grey Kollege in Bloemfontein was. Hulle is al vier jaar lank getroud. Albei kom uit rugbyfamilies. Jan se pa, Boelie, het op sy dag as agsteman vir die Oostelike Provinsie uitgedraf. En dekades vroeër was sy oupagrootjie Jack Slater ’n Bok-vleuel. Lani se pa, Calla Scholtz, het destyds vir WP heelagter gespeel.

Lani beskou haarself as ’n plaasmeisie. By ’n foto van haar saam met perde wat sy op Instagram gedeel het, skryf sy: “Jy kan nie die plaas uit die meisie neem nie." 

View this post on Instagram

You can’t take the farm out of the girl????

A post shared by Lani Scholtz Serfontein (@lanisouthafrica) on

“'n Mens raak baie afhanklik van mekaar in so ’n vreemde land. Daar is eintlik niks wat ons nie saam doen nie,” sê Lani oor haar en Jan.
View this post on Instagram

Family?? @lanisouthafrica

A post shared by Jan Serfontein (@janserfontein) on

Ná ’n lang dag geniet hulle dit om ’n glasie wyn saam te drink. “Jan kry nie baie aftyd tussen die rugby en studeer nie, maar wanneer hy wel afkry, geniet ons dit om Europa te verken,” vertel sy.