Morné het die nuus met ’n sonarfoto op Instagram aangekondig. Daarby skryf hy aan sy 73 000 Instagram-volgelinge dat die kleinding sy of haar opwagting vroeg in Desember vanjaar sal maak.

Die 34-jarige rugbyster draf tans vir die Franse klub Stade Français uit, maar het onlangs aangekondig hy gaan op ’n kontrak van twee jaar weer by sy voormalige span, die Blou Bulle, in Pretoria aansluit om sy loopbaan af te sluit. 

View this post on Instagram

And the family is just getting bigger and bigger????!!So blessed that the new one is arriving early December!!#MakeTheCircleBigger??

A post shared by Morné (@mornesteyn) on

Morné en sy vrou, Christelle (32), is reeds die ouers van twee seuntjies, Jóvan (6) en Christean (3).

Gelukwensings het by die dosyne ingestroom en talle rugbysterre en hul wederhelftes het in die goeie tyding gedeel.

“Baie geluk, julle! Dis amazing nuus,” het die Springbok Franco Mostert se vrou, Juan-Ri, by die plasing geskryf. Juan-Ri en Franco het self onlangs hul tweede dogtertjie, Jemi-Mílja, ryker geword toe dié skattige kleinding op 7 Mei gebore is.

View this post on Instagram

??DATENIGHT?? with my beautiful wife!!

A post shared by Morné (@mornesteyn) on

Die Springbokstut Coenie Oosthuizen se vrou, Christi, en die rugbyspelers en broers, Dan en Jesse Kriel, het ook albei vir Morné gelukgewens.

“Bitter bly vir julle en só opgewonde saam (met) julle,” skryf Aletia, die rugbyspeler Johan Goosen, wat ook in Frankryk rugby speel, se vrou.

Morné het nog nie die geslag van hul derde spruit verklap nie.

Alfons Meyer, die Blou Bulle Maatskappy se uitvoerende hoof, het vroeër aan Netwerk24 gesê hulle is verheug dat hulle Morné weer na Loftus Versfeld, die tuiste van die Bulle, kan lok. 

Steyn was in die Blou Bulle se span toe hulle in 2007, 2009 en 2010 die Superrugby-reeks gewen het.