Jo-Ann, wat reeds die ma is van ’n sesjarige seuntjie en twee dogtertjies van onderskeidelik vier en twee jaar oud, het dié nuus in die sosiale media verklap. 

Who runs the world? Girls!" het Jo-Ann op Instagram laat hoor by 'n foto waar sy met pienk blomme en ballonne pryk. "Wel, dis beslis die geval in ons huishouding. Ons nuutste familielid wat later vanjaar by ons aansluit, is ’n dogtertjie. Dit is so ’n seëning dat hoop binne-in my groei in hierdie onseker tye. Aan almal van julle  — dankie vir jul goedheid,” skryf Jo-Ann verder. 

Die nuwe kleinding maak in Oktober of November haar opwagting. 

Jo-Ann het op Moedersdag in die sosiale media onthul sy is swanger met haar en haar man, Michael, se vierde kind. Sy het toe aan Huisgenoot vertel dat hulle nog altyd ’n groot gesin wou hê en dat hulle baie opgewonde is oor die nuweling se koms. 

“Die baba was beplan. Ek het onmiddellik geweet ek is swanger. Ek dink met die vierde kind weet jy al, jy ken jou lyf,” het sy toe vertel. 

View this post on Instagram

Being a mother is something I will never take for granted. And being blessed with our fourth baby later this year is beyond our wildest dreams. Happy Mother’s Day to all the moms out there. To the moms who are waiting for their babies, those who are longing for theirs and who have yet to receive them. It is a surreal time to be expecting, a truly strange time to experience joy and hope when the world has changed so much. I am grateful that our little one is in a safe place and that her/ his brother and sisters are already so protective and excited. I only wish I could have my mom with me, but we’ll be together again eventually. Happy Mother’s Day to all of you incredible women who have raised strong, spirited people. The biological moms, the adoptive moms, the surrogates, the step-moms, the grandmothers, the single dads, the waiting moms, the day moms, … all of you incredible people who have sacrificed and gone through so much to give your child/ children the best you can. Those moms who are waiting for their babies via adoption or fertility treatments, those who have lost babies and miscarried. At the end of the day, motherhood is a complex blessing which we celebrate in all it’s forms. Good luck in these trying times and know that you are stronger than any virus or any trial and tribulation. Don’t ever doubt your strength. There are dark times we go through, but remember that you see the brightest stars in the darkest skies. #HappyMothersDay #MothersDay #MomsareTough #SalutingMoms #ToalltheMoms #MomistougherthanCorona #Momknowsbest @modernmommyblog #MomsofInstagram #Mother #MyMoeder #UMama #Mama #Mamma #AfricanQueen #mothercity #CapeTown #TableMountain

A post shared by Jo-Ann Strauss (@jo_annstrauss) on

Die gelukwensinge het ingestroom nadat Jo-Ann Donderdag bekend gemaak het sy is swanger met haar derde dogtertjie.

"Yay," het die voormalige Mej. Wêreld Rolene Strauss, wat self twee seuntjies het, op Instagram laat hoor.

“Geluk Jojo, mag sy vir jou oneindige plesier verskaf," het nog ’n voormalige Mej. Suid-Afrika, Basetsana Kumalo geskryf.

Jo-Ann het ook onlangs op Instagram vertel hul jongste dogtertjie kan nie wag om haar nuwe kleinsus te ontmoet nie. 

“Goed verby die halfpad-merk en ek geniet die boep wat ontwikkel . . . ek kan nie glo ons is oor vier maande 'n gesin van ses nie." Sy het toe vertel hul jongste spruit kan nie wag om die jongste lid van die gesin te ontmoet nie. "Hierdie kleintjie gee ons iets om hoopvol voor te wees tydens lockdown en ons is baie dankbaar. Ek sal enige tyd 24 uur se naarheid vat in ruil daarvoor om twee harte in een lyf te hoor klop," het Jo-Ann laat hoor.