Nou het die voormalige Mej. Suid-Afrika wel ’n Valentyn. Haar kêrel, Alexander Forsyth-Thompson (31), 'n finansiële ontleder van Johannesburg, kom kuier gereeld vir haar in Seepunt, Kaapstad.

View this post on Instagram

‘n Liefde groter as rooi hartjies en sjokelade ♥?

A post shared by Dr Adè van Heerden (@adevanheerden) on

Hulle is nou meer as twee jaar saam, vertel sy oor die foon aan Huisgenoot. “Hy het vanoggend vir my plaatkoekies en sjampanje gebring,” vertel sy. En ’n gekoopte kaartjie waarin hy sy liefde binne-in in sy eie handskrif verklaar het.

Sy het ’n geheime “Valentyn-avontuur” vir hulle beplan op ’n outydse "bioskoop-aand" met ’n romantiese fliek wat bo-op die dak van ’n hotel in die Moederstad vertoon word.

Saam met haar kêrel, Alexander Forsyth-Thompson, ’n finansiële slimkop. Foto: Jacques Stander.

Adè (29) het in ’n pragtige, sterk jong vrou ontpop wat in 2017 Mej. Suid-Afrika was en deesdae ’n mediese dokter en luitenant in die weermag is.

“Dit kan daunting wees as jy nie ’n Valentyn het nie. Ek onthou hoe dit vir my op skool was. Al my maatjies het altyd kêrels gehad. Hulle het sjokolade, rose en wonderlike goed gekry op Valentynsdag,” voeg sy by.

“Ek het nooit iets ontvang nie. Partykeer het dit my laat voel dat ek nie goed genoeg is nie; dat daar iets is wat ek aan myself moet verander om beter te wees, om meer te wees, om aantrekliker te wees of wie weet wat.

Foto: Twitter

Sy wil haar aanhangers bemoedig dat hulle “perfek is soos God hulle gemaak het. Dis wat God beplan het; die man wat God vir jou bestem het, is soveel groter as Valentynsdag,” vertel sy.

“As jy nie vandag ’n Valentyn het nie, doen iets spesiaals vir jouself,” is haar raad. “Gaan vir ’n massering of gaan kyk ’n fliek en weet net dat God jou liefhet.”