Hy spog deesdae met ’n pragtige blondine, Lianry Botes, aan sy sy.

Die akteur Francois Jacobs het die paartjie ’n paar maande gelede aan mekaar voorgestel. 

Die paartjie deel ’n soen.
Die paartjie deel ’n soen. Foto: Verskaf

Eers was hulle net goeie vriende, maar toe die liefde begin blom, het dinge gou ernstig geraak. 

Viljé is nou besig om van Kaapstad na Wildernis in die Wes-Kaap te verhuis, waar Lianry woon.

“Vandat ons gereelder begin saamkuier het, voel ek gelukkiger as ooit,” ­borrel hy.

Viljé sê die verlange knaag wanneer hy vir werk op
Viljé sê die verlange knaag wanneer hy vir werk op die langpad is. Foto: Verskaf

Hy was onlangs te sien in die fliek Stille Nag, wat deel is van kykNET se reeks Jou Sondagdrama.

“My pa (die akteur Albert Maritz) het in my geboortejaar, 1990, dieselfde rol in die verhoogstuk vertolk.” 

Vir Viljé was dit groot skoene om vol te staan, “maar omdat die rol so na aan my hart lê, was dit ook ’n baie spesiale ervaring”.

Viljé (regs) saam met Luan Jacobs (links) en Mariu
Viljé (regs) saam met Luan Jacobs (links) en Marius Weyers in ’n toneel uit Stille Nag. Foto: Instagram

Tussen sy werk vir Fiësta deur begin hy ook eersdaags repeteer vir die toneelstuk Aaptwak, wat later vanjaar op die Innibos-kunstefees in Mbombela debuteer. Die fees is van 26 tot 29 Junie.