Danielle en AB de Villiers se derde kleinding is a
Danielle en AB de Villiers se derde kleinding is amper hier. Foto: Kevin Mark Pass Photography

Die egpaar het reeds twee seuns, AB (5) en John (3).

“Ek het middel Maart uitgevind en binne drie minute vir AB laat weet,” vertel Danielle.

“Hy was besig om te gim, en ek het hom geroep en gesê hy moet dadelik boontoe kom. Hy het net begin lag van blydskap; dit was baie spesiaal.”

Haar derde swangerskap is ietwat moeiliker as haar vorige twee, sê sy.

By hul seuntjies, AB en John. Foto: Kevin Mark Pas
By hul seuntjies, AB en John. Foto: Kevin Mark Pass Photography

“Maar om te weet wat op ons wag, maak alles die moeite werd.”

Hul dogtertjie gaan vermoedelik haar verskyning maak in dieselfde week waarin AB terugkeer van die Indiese Premierkrieketliga waar hy vir die Royal Challengers Bangalore speel.

“Ons tel die weke af na albei se koms,” sê Danielle opgewonde.

AB en Danielle is nie die enigste bekendes met ’n kleinding oppad nie.

ROXY BURGER

Teen die tyd dat jy hier lees, is haar seuntjie dalk al hier, vertel Roxy.

Roxy Burger se seuntjie is amper hier. Foto: Insta
Roxy Burger se seuntjie is amper hier. Foto: Instagram (@roxyburger)

“Ons is superopgewonde. En meer so omdat die baba gesond is,” sê sy. Die stylvolle TV-aanbieder en haar man, Neil Shraga, se dogtertjie, Adrienne Zoey (2), is net so opgewonde om haar boetie te ontmoet. “Sy sê heeltyd hy kom Saterdag,” vertel Roxy laggend.

LEE-ANN LIEBENBERG

Lee-Ann en haar man, Nicky van der Walt, se derde kleinding is op pad.

Lee-Ann Liebenberg verwag haar derde kleinding. Fo
Lee-Ann Liebenberg verwag haar derde kleinding. Foto: Instagram (@leeann_liebenberg)

“Ons harte bars van vreugde,” het Lee-Ann op Instagram geskryf. Sy het intussen ook ’n sonarfoto gedeel en haar aanhangers gevra om die geslag van hul baba te raai. Lee-Ann en Nicky het reeds twee dogters, Gia (9) en Gabriella (6).

JO-ANN STRAUSS

Die voormalige Mej. Suid-Afrika en haar man, die or­topediese chirurg dr. Michael Held, gaan ’n derde dogtertjie ryker word.

Jo-Ann Strauss se derde dogtertjie is oppad. Foto:
Jo-Ann Strauss se derde dogtertjie is oppad. Foto: Instagram (@joannstrauss)

Hulle het onlangs ’n babatee by hul huis in Kaapstad gehou. “My hart is vol! My maag ook,” het Jo-Ann op Instagram geskryf. Die egpaar het reeds ’n sesjarige seuntjie en twee dogtertjies van onder­skeidelik vier en twee jaar oud. 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe