Ons wed die meeste meisies sou Brad Pitt sy liggrys pak vergewe het, want hy was toe al iets vir die oog.
Die charismatiese George Clooney (56) se modesmaak het beslis verbeter sedert sy matriekafskeid by die Augusta Independent-hoërskool in Kentucky. Maar volgens sy metgesel, Laurie Bach, was hy toe al sjarmant.
Julia Roberts (50) se beroemde glimlag is al daar, maar dis haar 1980’s-pofhaarstyl wat die aandag trek. Maar ons is seker haar metgesel het daarvan gehou.
Beyoncé (36) was op 17 net so mooi. Hier is sy saam met haar destydse kêrel, Lyndall Locke.
Bruno Mars (32) was duidelik op hoërskool in Honolulu, Hawaii, al enigmaties. G’n wonder sy metgesel het hom so naby gehou nie.
Meryl Streep (68) is op skool al bekroon. Haar hooftooisel op dié foto uit die 1960’s beteken waarskynlik sy is as die mooiste meisie op die dans gekies.
Jennifer Aniston (48) het ’n oordadige haarstyl en oorbelle so eie aan die 1980’s, maar lyk steeds oulik. Ongelukkig kan ons nie dieselfde sê van haar metgesel nie.
Op haar groot aand het Renée Zellweger (48) met ’n indrukwekkende krullebol gespog. Volgens haar hoërskoolkêrel, Rhett Baker, was die Texas-boorling “baie mooi en gewild – die meisie met wie almal wou uitgaan”.
’n Mens sou nooit kon raai dis die geselsprogram­aanbieder Ellen DeGeneres (59) met die blou oë en kort blonde hare nie. En wat daai rok betref – wat het haar besiel?
Jy kan nie daai pruilmond miskyk nie! Angelina Jolie (42) het duidelik nooit soos talle van haar tydgenote in haar tiener­jare deur ’n ongemaklike fase gegaan nie.
FOTO'S: AAI/FOTOSTOCK SA, ELITEPHOTOAGENCY.COM, FACEBOOK, GALLOIMAGES/GETTYIMAGES/AFP, GREATSTOCK/SPLASH NEWS/SHUTTERSTOCK, MAGAZINE FEATURES, YOUTUBE, ZIMBIO