Inette, Miané, Lea en Andries Ferreira. Foto: Jolyt
Inette, Miané, Lea en Andries Ferreira. Foto: Jolyt

Lea se ousus, Miané (4), het ook in die pret gedeel. “Ons het die partytjie by Lea en Miané se swemskool, Kiddies Aqua Swimming Academy, in Pretoria gehou. Die meisies is mal oor Lizette Botha (die eienaar van die swemskool) en haar span. Dis soos hul tweede huis,” vertel Andries se vrou, Inette aan Huisgenoot.

Andries het ook ’n klein koffieonderneming, Life’s a Grind Coffee, by die swemskool en die twee sussies gaan gereeld saam met hul pa “werk toe”, het Inette voorheen vertel.

Die verjaarsdagmeisie en haar ouers. Foto: Verskaf
Die verjaarsdagmeisie en haar ouers. Foto: Verskaf

“Die tema vir die partytjie was Frozen 2. Lea is baie gefassineerd daarmee en kyk dit omtrent drie keer per dag,” vertel haar ma Inette. 

Lea is dol oor die fliek Frozen 2. Foto: Jolyt
Lea is dol oor die fliek Frozen 2. Foto: Jolyt
Die verjaarsdagkoek. Foto: Jolyt
Die verjaarsdagkoek. Foto: Jolyt

Terwyl Lea se ousus, Miané, baie gestel is op wat sy wil hê, is Lea dolgelukkig as daar eetgoed en maatjies om haar is, verklap Inette. 

“Lea is mal oor mense en het dit beslis geniet om die baie maatjies om haar te hê. As daar een ding is wat vir haar uitgestaan het, is dit beslis al die soetgoed wat sy kon eet. Dis die een dag waar sy soveel lekkernye mag eet soos wat sy wil hê.” 

Lea het omtrent al die soetgoed geniet verklap Inette. Foto: Jolyt
Lea het omtrent al die soetgoed geniet verklap Inette. Foto: Jolyt
Foto: Jolyt
Foto: Jolyt

Haar twee dogters verskil soos dag en nag, voeg Inette by. 

“Lea het die sagste hartjie, maar kan ook haar man staan en is ’n ekstrovert en go-getter. Miané is weer ons verantwoordelike, perfeksionistiese dogtertjie met ’n hart van goud wat altyd omgee vir ander.” 

Die Ferreira-sussies het tog te oulik gelyk in hul eenderse uitrustings. Foto: Jolyt
Die Ferreira-sussies het tog te oulik gelyk in hul eenderse uitrustings. Foto: Jolyt

Terwyl die jongspan hulself geniet het, het Inette en Andries ook gereël dat Lea se maatjies se ouers ’n les in waterveiligheid kry by die swemskool se kundiges.

Onder die bekende gesigte by die partytjie was die Blou Bul-rugbyspelers Morné Steyn en Juandré Kruger.

“Dis ’n hartseer werklikheid dat ’n kindjie in 5 cm water kan verdrink. Verdrinkings is van die grootste oorsake van dood in kinders onder 5 jaar. Dus het ons besluit dat die demonstrasie ouers kan motiveer om hul kinders te leer swem en bewustheid rondom waterveiligheid te kweek,” verduidelik Inette. 

Morné Steyn, Juandré Kruger en Andries. Foto: Jolyt
Morné Steyn, Juandré Kruger en Andries. Foto: Jolyt

Andries het intussen weer teruggekeer na die oefenveld nadat die reëls rondom kontaksport verslap is. 

“Miané en Lea mis hom verskriklik baie deur die dag. En ook die lekker saam oefen wat hulle gedurende die inperking gedoen het. Maar hulle is ook vreeslik opgewonde dat hy weer kon begin werk.”

’n Rustige oomblik tussen pa en dogter. Foto: Jolyt
’n Rustige oomblik tussen pa en dogter. Foto: Jolyt

Inette en Andries bedank ook graag die volgende: Erné Zietsman Joubert, La Petite Souris, Backdrops Fantastic South Africa, Balloon Design Academy, Lay-Licious, Love Beloved, Nicole’s Macaroons, JAPS Printing, Jolyt, It’s My Party PTA, Sugar and Eggs, Nudo Hair Lab, Kiddies Aqua Swimming Academy.