Parapleeg Charné droom groot, veral ná Ons Lieflinge-roem

akkreditasie
Charné en haar sangmaat, Rudi Claase. Foto: Facebook
Charné en haar sangmaat, Rudi Claase. Foto: Facebook

Sy betower nie net mense saam met haar sangmaat Rudi Claase as deel van Ons Lieflinge nie, maar inspireer ook daagliks mense van die verhoog af.

“Ek is van kleins af geleer dat enige struikelblok as ’n uitdaging gesien kan word en dat jy dit in ’n geleentheid moet verander,” verduidelik Charné Hugo (28) aan Huisgenoot.

’n Mens sou dalk dink dat sy haar drome sou inperk weens haar fisiese beperkinge. Maar nie Charné nie. “My siening in die lewe en die resultate wat ek al in die lewe bereik het, bewys dat jy nie moet toelaat dat enigiets negatief jou beïnvloed nie,” vertel sy selfversekerd.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees