“Vandag het ek tyd geneem om net in my eie lyf te wees. Waar ek haar versorg, pamperlang en sien,” skryf die televisie-aanbieder.

Pure, unadulterated joy ??

A post shared by Lynelle Kenned (@lynelle_kenned) on

“Ek het gelowig grootgeword en dit in my vormingsjare opsy geskuif. Ná my ma se dood moes ek ’n manier kry om weer my voete te vind,” gesels Lynelle oor haar nuutgevonde selfaanvaarding met Huisgenoot.

“Ek het eers ’n sielkundige gespreek en in November verlede jaar begin mediteer. Daarna is ek vir ’n paar weke Indië toe vir ’n kursus oor spiritualiteit.”

“In die proses het ek meer geleer oor selfsorg en selfliefde en dat jy spiritualiteit ervaar as jy jou lyf as instrument integreer,” voeg sy by.

I like. big. baths and I cannot lie ??

A post shared by Lynelle Kenned (@lynelle_kenned) on

Lynelle het verlede jaar oopgemaak oor hoe sy ses jaar gelede weens depressie in die hospitaal opgeneem is. Huisgenoot het in 2017 berig haar ma se dood het haar drie jaar gelede so hard getref dat sy selfdood oorweeg en met verslawing gesukkel het.

En om dié nuwe fase in haar lewe te kroon, het sy boonop Maandagaand op die Naledi-teaterprysaand met die prys as beste aktrise vir haar rol as Maria in die musiekspel West Side Story weggestap.

"say it soft and it's almost like praying..." ??

A post shared by Lynelle Kenned (@lynelle_kenned) on

Verlede jaar het Lynelle ook 'n Fleur de Cap-prys vir dié rol verower. Sy het ’n foto van die prys op Instagram gedeel.