book-icon Uitgawe 3 Junie 2021

Patricia Lewis rou: My ma se dood en pad met Alzheimers

akkreditasie
Die Lewis-familie. Agter (van links) is Linda, Vanessa Basson en Juliette Lewis (Patricia se susters), Patrick (haar pa), Patricia en Mark Whitfield (haar man). Voor is Ashton Basson (links) en Max (Patricia en Mark se seun). Foto: Verskaf

Sy was nog altyd bekend as die borrelende sangeres met die vonkelende oë en bos blonde lokke wat getuig van haar lewenslustige energie. Optimisties en gelukkig; onstuitbaar vrolik.

Maar vandag is haar binneste so grou soos die triestige weer en rustelose see hier langs die Dolfynkus van KwaZulu-Natal, en die hartseer slaan kort-kort deur in haar bekende stem. 

Dis ses weke sedert Patricia Lewis se geliefde ma oorlede is, maar sy sukkel steeds om te aanvaar dat haar steunpilaar en beste vriendin vir ewig weg is. Linda Lewis, eens vir háár ’n bron van krag, is op 79 oorlede.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees